Duisende burgerlikes is ontheem ná die besetting van Abyei Town die naweek deur die Soedan-weermag. Christian Solidarity International het berig dat 20 000 desperate burgerlikes oor die rivier die Kiir gevlug het en onder bome skuil teen die reën. Die VN-sending in Soedan berig brand en plundering deur noordelike magte in Abyei Town en lede van die VN-Veiligheidsraad het geëis dat Noord-Soedan sy 5000-sterk mag uit die gebied onttrek. Die olieryke Abyei is 'n betwiste streek met Noord-Soedan en nuutgevormde Suid-Soedan wat albei 'n aanspraak maak op 'n gebied wat permanent deur nege Ngok Dinka-kapteinskappe bewoon word. Abyei is 'n sleuteldeel van die omvattende vredesooreenkoms wat 'n burgeroorlog beëindig het wat die land sedert 1983 geteister het.
Bid: dat God die geestelike atmosfeer van oorlog en vernietiging wat oor die gebied oorbly, sal verwyder. (Ps.37:16,17)