Soedan: Tienduisende vlug gevegte

Tienduisende mense het gevlug uit botsings in die olieryke Abyei-streek op die grens tussen noord en suid-Soedan, wat die dorp Abyei byna leeg gelaat het, het Medecins Sans Frontieres (MSF) Vrydag gesê. Gevegte het Dinsdag uitgebreek tussen vegters van die Misseriya-stam, wat die regering in Khartoem in die noorde ondersteun, en die Ngok Dinka-mense wat die suide ondersteun wat gestem het om af te skei. Minstens 70 mense is dood en twee dorpies verwoes in twee dae van botsings noord van Abyei, het 'n woordvoerder van die weermag in die suide verlede week gesê. "Sedert gister het tienduisende mense uit die dorp gevlug en dit meestal leeg gelaat," het MSF Vrydag gesê. Die Verenigde Nasies het Donderdag ekstra vredesmagte na die streek beveel. Abyei het nie in Januarie aan 'n referendum deelgeneem waarin die suide van Soedan gestem het om van die noorde af te skei nie.

Bid: vir vrede en versoening tussen die Misseriya en Ngok Dinka mense. (Ps.37:37)

Meer: http://www.google.com/hostednews/afp/article/ALeqM5hFn4kCI9kgrcOmdlb1-s8G-EzEZQ?docId=CNG.0f69b85278e292f4cec1b79291e88739.651