Die Soedan Raad van Kerke is besig om die registrasieprosesse van buitelandse referendums in Kenia, Uganda en Egipte noukeurig te ondersoek, terwyl hulle ook berig dat die polisie Sondag hul kantore bestorm het. Sewe bakkies met 200 polisie het deure afgebreek en die gebou deursoek vir 'vermeende versteekte wapens'. Hierdie gebeure gebeur terwyl Afrika se grootste land gereed maak om in 'n referendum te stem om te bepaal of die Moslem-Noorde en Christelike Suide moet skei. Sien: Weens vrese dat die referendum-uitslae Soedan in nog 'n burgeroorlog kan terugstuur; 'n Wêrelddag van Gebed vir Soedan op 5 Desember is deur The World Evangelical Alliance uitgeroep. Daar word geglo dat a) die Suide nie bereid is om die verwagte toestroming van vlugtelinge uit die Noorde te ontvang nie. b) die regering in die Noorde kan Christene nie veilige deurgang Suid waarborg nie. WEA se gebedsversoeke is vir 'n vreedsame en regverdige referendum met die uitslag wat deur alle betrokkenes aanvaar word.
Bid: dat God se genade so in Soedan uitgestort sal word dat die referendum 'n baken vir die wêreld sal wees van wat God kan doen. (Jes.59:1)