'n Span evangeliese Christene skryf: 'Die jaar het begin met uitreike na diegene wat in 'duisternis' in V leef. Ons sal vanaf 4-11 Februarie 2011 saam met 'n plaaslike gemeente werk wat Pretoria op 28 Januarie verlaat. Vanaf 12-15 Februarie is ons in die omgewing van E. en van daar na Botswana in die B- en M-gebiede vanaf 16 Februarie-5 Maart. Die mense in hierdie gebiede is bygelowig en aanbid voorvadergeeste as hul tradisionele godsdiens. Dit is vir hulle moeilik om na Christenskap te verander. Ons weet dat hulle onder Satan se juk leef en ons het die opdrag in Matteus 28 van Jesus om uit te gaan en hulle die waarheid te vertel. Kan ek vra dat jy hierdie uitreik in jou gebede sal dek asseblief? Vir Beskerming, Wysheid, Geleenthede, Guns, Oop denke, Begrip van God se weë, Bekeerlinge, Veranderde lewens en die WERKING van die Heilige Gees in hierdie gebiede, asook deeglike opvolging deur die plaaslike kerke. Dankie.'
Bid: dat God die spanne met 'n dubbele porsie geloof en wysheid sal verryk en in staat stel. (Eks.18:11)