Suid-Afrika: Gesinsbeleidsinstituut roep om bekamping

Die Family Policy Institute (FPI) het gesê: 'Navorsing toon die wye beskikbaarheid van pornografie in die samelewing is vernietigend en skadelik veral vir vroue en kinders. Daarvan getuig die feit dat Suid-Afrika tans as die verkragtingshoofstad van die wêreld beskou word. Meer as 64 000 vroue word jaarliks in SA verkrag. Boonop dui verslae aan dat meer as 25 000 kinders elke jaar in SA seksueel misbruik word.' Die FPI het 'n beroep op die regering gedoen om dringend op te tree om die vrye vloei en verspreiding van pornografie te stop ná die inhegtenisneming van hierdie week van 'n skoolhoof, onderwysers, 'n dokter, 'n prokureur en 'n sakeman vir die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie. Die FPI-verklaring gaan voort: 'Kinders so jonk as 10 laai seksueel eksplisiete beelde na hul selfone af. Sommige vervaardig ook pornografiese video's van hulself en deel dit met vriende.'

Bid: vir 'n einde aan die Regering se liberale houding teenoor die onbeperkte beskikbaarheid van pornografie. (Luk.18:16 & Ps.12:5)

Meer: http://gatewaynews.co.za/family-policy-institute-calls-for-adult-porn-clampdown/