Vegters van Somalië se gevreesde Islamitiese militante groep al-Shabab maak Somaliese Christene dood as deel van 'n onderdrukking van 'nie-Islamitiese kultuur'. Die Amerikaanse voorspraakgroep International Christian Concern het gesê drie Al-Shabab gewapende mans het Mu'awiye Hilowle Ali Maandag op kort afstand tereggestel en hy is op slag dood voor sy huis wes van Mogadisjoe. Sien Dinsdag het hulle vir Yusuf Ali Nur 'n leier van die ondergrondse kerkbeweging in Somalië vermoor wat op 'n lys was van mense wat die Islamitiese ekstremiste vermoedelik Christene is. Al Shabaab het bande met Al-Kaïda en het belowe om Somalië van die Christendom te bevry. Die jongste sterftes kom ná verskeie teregstellings van Somaliërs wat verdink word van lidmaatskap van 'n onderdrukte dog veerkragtige ondergrondse geloofsbeweging in Somalië. 'n Aantal Christene is deur die radikale Islamiete onthoof om die jong Federale Oorgangsregering omver te werp en 'n streng weergawe van sharia-wetgewing in te stel.
Bid: dat die Christelike Somaliese geloof versterk en groei, namate die vervolging en vrees vir die dood afneem. (Ps.41:12)
Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/somalia/18721/