Sofia Osman het 4 jaar gelede tot die Christendom bekeer en by Somalië se ondergrondse kerk aangesluit, is tronk toe gestuur. Sy is voor 'n skare van honderde toeskouers geparadeer en 40 houe in die openbaar geslaan vir haar geloof. Die Al Shabaab-milisie het Osman in November in hegtenis geneem en haar op 22 Desember vrygelaat vir haar openbare sweepery. 'Osman het nie vertel watter ander vernederings sy gely het terwyl sy in die hande van die militantes was nie,' het 'n ooggetuie gesê en bygevoeg dat die sweep haar laat bloei het. 'Ek het gesien hoe sy flou word. Ek het gedink sy is dood, maar gou het sy haar bewussyn herwin en haar familie het haar weggeneem.' Sy het haar beserings by haar gesin se huis verpleeg, in die dae ná die straf wou sy met niemand praat nie en het verdwaas gelyk. Dit is die jongste in wrede aanvalle deur Al Shabaab wat deur hul eie uitsprake die Christendom uit die nasie wil uitroei.
Bid: vir diegene wat vervolg word en allerhande onreg, marteling en dood ly vir hulle geloof in Jesus Christus. (Mt.5:10 & Ps.119:161)
Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/somalia/article_1342445.html