Koning Abdullah van Saoedi-Arabië het Maandag gevra vir 'n dialoog tussen monoteïstiese godsdienste, wat 'n 'eerste' vir die ultra-konserwatiewe Moslem-koninkryk beteken. 'Ek vra verteenwoordigers van al die monoteïstiese godsdienste om met hul broers in geloof te vergader. As God dit wil, sal ons dan met ons broers van ander godsdienste ontmoet, insluitend dié van die Torah en die Evangelie om met maniere vorendag te kom om die mensdom te beskerm.' Abdullah het gesê die land se topgeestelikes het hom goedkeuring gegee om sy idee voort te sit en dat hy beplan om die mening van Moslem-leiers van ander lande te kry. Die Saoedi-koning is ook van plan om die Verenigde Nasies oor die onderwerp toe te spreek. Hy het gesê: 'Ons het opregtheid, sedes, getrouheid en gehegtheid aan ons godsdienste en die mensdom verloor, die verbrokkeling van die gesin en die opkoms van ateïsme in die wêreld - 'n skrikwekkende verskynsel wat alle godsdienste moet konfronteer en oorwin.
Bid: dat hierdie inisiatief die eerste stap sal wees om spanning te verminder asook om voorheen 'geslote' lande vir die evangelie oop te stel. (Mat.24:14)
Meer: http://www.christianpost.com/news/saudi-arabia-leader-calls-for-interfaith-dialogue-31665/