Saoedi-Arabië: Huiskerk Christene tronk toe gestuur

Twee Indiese Christene, lede van 'n florerende Pinksterhuiskerk in Saoedi-Arabië, is van voorverhoor-aanhouding na 'n tronk in die Saoedi-hoofstad Ryadh verskuif waar hulle 'verbied word om te bid of die Bybel te lees' en 'aan 'n gebrek ly' van kos en mediese aandag,' het 'n ouderling van die kerk aan Worthy News en sy nuusvennoot BosNewsLife gesê. Vasantha Sekhar Vara (28) en Nese Yohan (31), wat lede van die 'Rejoice in the Church of the Lord'-gemeente is, is aanvanklik in Januarie aangehou en het 45 dae se 'voorverhoor-aanhouding' ontvang op aanklag van 'proselitisering' ', het die kerkouderling uit Riyadh in 'n telefoniese onderhoud gesê. "Hulle is later sonder 'n verhoor van die polisiestasie na 'n berugte sentrale tronk in Ryadh geskuif," het hy bygevoeg. Hy het gesê dit is nie bekend wanneer en of die verhoor sal begin nie.

Bid: vir Yohan en Vara dat God hulle sal versterk in hul beproewing en bid vir 'n vroeë vrylating. (2Kr.19:9a)

Meer: http://www.worthynews.com/10176-saudi-arabia-jails-house-church-christians-exclusive