Ongeveer 35 Christene in Saoedi-Arabië staar deportasie in die gesig op die aanklag van 'onwettige vermenging' volgens 'n verslag deur die wêreldregte-liggaam Human Rights Watch (HRW). Die polisie het die groep van 29 vroue en 6 mans gearresteer nadat hulle op 'n biduur in die stad Jeddah toegeslaan het. Die groep is gearresteer in 'n privaat huis waar hulle bymekaargekom het om te bid tydens die aanloop tot Kersfees, wat op 7 Januarie deur Ethiopiese Ortodokse Christene gevier word. Die mans is geslaan en 'ongelowiges' genoem en die vroue is deursoek. blykbaar ter plaatse. HRW het telefonies met 'n man en twee vroue gepraat uit die tronke waar hulle aangehou word. Hulle sê hulle is aangekla van vermenging met ongetroude persone van die teenoorgestelde geslag – al sê HRW dat Saoedi-Arabië geen wet het wat 'onwettige vermenging' definieer nie.
Bid: vir hierdie gelowiges in Saoedi-Arabië terwyl hulle bymekaarkom dat die owerhede teruggehou sal word en die regte van gelowiges erken om in aanbidding bymekaar te kom. (Ps.11:7)
Meer: http://www.worthynews.com/11229-ethiopian-christians-to-be-deported-from-saudi-arabia