Vroeër hierdie maand het nuusberigte uit Saoedi-Arabië opgeduik wat die rooi vlag vir Christene gehys het. Todd Nettleton, 'n woordvoerder van die Voice of the Martyrs USA, sê: 'Die Groot Mufti van Saoedi-Arabië het verklaar dat dit 'nodig is om al die kerke van die streek te vernietig'. Saoedi-Arabië is tweede op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys van 50 lande waar die vervolging van Christene die ergste is. Daar is geen voorsiening vir godsdiensvryheid in die grondwet van hierdie Islamitiese koninkryk nie. Die Groot Mufti het dit gesê in 'n vergadering met Koeweitse amptenare wat Sharia se standpunt oor kerke wou bevestig en hy het gesê: 'As jy kerke in Koeweit het, moet hulle vernietig word.' Die interessante hiervan is dat daar geen kerke in Saoedi-Arabië is nie. Daar is geen kerkgeboue wat daar mag bestaan nie. Hy het dus probeer om hierdie ideologie na die omliggende lande uit te voer.
Bid: dat God se beskerming oor kerke in Koeweit, Oman, Jemen, Bahrein, Katar en die Verenigde Arabiese Emirate sal wees. Mag die VN se Menseregteraad standpunt inneem vir vryheid van godsdiens in die gebied. (Ps.3:7-8)