Filippyne: Gevegte woed te midde van gyselaarskrisis

Vars gevegte word gerapporteer aangesien troepe in die Filippyne ses dorpe in die suide van die land omsingel het waar honderde vegters verbonde aan die Moro National Liberation Front (MNLF) minstens 170 gyselaars aanhou. Ses militêre tenks het die gebied binnegegaan. "Die stryd het 'n dag vroeër begin nadat MNLF-vegters na Zamboanga-stad opgeruk het om hul vlag by 'n stadsaal te hys," het militêre woordvoerder, luitenant-kolonel Ramon Zagala, gesê. Minstens ses mense, insluitend 'n vlootsoldaat, is dood toe die Filippynse vloot die rebelle probeer keer het en sowat 220 burgerlikes is aanvanklik deur die vegters gyselaar geneem, het militêre amptenare ná die aanval voor dagbreek gesê. Zagala het gesê die gyselaars word as 'n 'menslike skild' deur tot 300 MNLF-vegters gebruik.

Bid: vir 'n deurbraak wat 'n oplossing vir hierdie konflik en vrede in hierdie land sal bring. (Ps.37:37)

Meer: http://www.aljazeera.com/news/asia-pacific/2013/09/20139106147258221.html