Filippyne: Bomwonde 11 by Kersmis

’n Bom het tydens Kersdagmis by ’n kapel in ’n polisiekamp in die onstuimige suidelike Filippyne ontplof en ’n priester en 10 kerkgangers gewond. Die toestel was versteek in 'n ventilasievenster naby die plafon van die kapel, wat op die kompleks is waar die provinsiale polisiekantoor in Jolo-dorp op Jolo-eiland geleë is, het die Sulu-provinsiale polisie gesê. Die eiland is 'n vesting van Al-Kaïda-gekoppelde Abu Sayyaf-militante, maar dit was nie duidelik wie vir die bomaanval verantwoordelik was nie. Ondersoekbeamptes het dele van 'n selfoon gevind wat hulle glo die toestel laat ontplof het. Al die gewondes was burgerlikes. Een vrou het Saterdag by 'n hospitaal gebly vir waarneming, maar die polisie het gesê een het nie hospitaalbehandeling nodig nie en die ander is behandel en huis toe gestuur. Die Filippyne is oorwegend Katoliek, maar Christene is 'n minderheid in Jolo en nabygeleë eilandprovinsies wat meerderheid Moslem is.

Bid: dat God sal ingryp en Sy vrede en eenheid aan die mense van Jolo en Mindanao sal bring. (1Sa.10:6)

Meer: http://www.washingtontimes.com/news/2010/dec/25/bombing-wounds-11-christmas-mass-philippines/