Pakistan: Moslems dreig om Christelike dorpie af te brand

Op die hakke van die skokkende saak van Asia Bibi, die 45-jarige Pakistanse Christenvrou en ma van vyf wat ter dood veroordeel is vir beweerde godslastering, en in wie se verdediging die Punjab-goewerneur Salman Taseer sy lewe verloor het, kom die saak van 'n ander Christenvrou wat aangekla is van godslastering ingevolge die landswet wat regoor die wêreld veroordeel is. Geharde Moslem geestelikes en eienaars van die dorpie Rana naby Wandu, het gedreig om die huise van elke Christen in die gemeenskap aan die brand te steek en Christenmeisies te ontvoer oor die liefdesverhouding van 'n Christenseun en Moslemmeisie. Die situasie het aaklig geword vir plaaslike Christene in Rana-dorpie en Wandu-dorpie namate Moslem-geestelikes en plaaslike Moslem-eienaars Christendorpers begin dreig het. Hulle het ook ernstige gevolge gedreig, insluitend om die plaaslike Christene met geweld uit die dorpe te verdryf; en die mees terroriserende van al die dreigemente was om Christenmeisies te ontvoer en te verkrag.

Bid : teen die vervolging van gelowiges in hierdie gemeenskap en regdeur Pakistan. (Hand.4:29)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2011/s11030036.htm