Pakistan: Evangelis vermoor

Evangelis Jameel Saawan is op 16 November in Karachi doodgeskiet deur 'n ongeïdentifiseerde gewapende man in 'n radikale Moslemgroep se teiken van 'n Christen. Toe hy die deure van sy skoonheidsmiddelswinkel oopmaak, het 'n jong man verskyn en hom in die nek en gesig geskiet en toe saam met twee ander op 'n motorfiets gevlug. Saawan was 'n wyd gerespekteerde lid van die Christelike gemeenskap wat elke dag verskeie gesinne besoek het om die Bybel te deel. Hy het twee jaar gelede doodsdreigemente ontvang nadat hy sy begeerte uitgespreek het om 'n welsynsorganisasie vir arm Christene te begin, maar is nie onlangs gedreig nie. Saawan se seun het gesê: 'Ons glo vas my pa is vermoor weens sy prediking van die Bybel, daar is geen ander rede nie. Dit was nie 'n roof nie, die sluipmoordenaar het na my pa gestap en op hom geskiet.'

Bid: dat Jameel se familie God se troos sal ken, en dat die Christelike gemeenskap Sy vrede en beskerming sal ken. (Ps.120)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/pakistan/article_123411.html