Sal Pakistan terugkeer na 'n gematigde regering of 'n fanatiese terreurland word? Die verkiesingsproses begin 15 Maart maar baie veldtogte is nou aan die gang. ’n Tussentydse regering sal vir een maand voor die Mei-verkiesing in plek wees. Bid dat 'n godsdienstige 'pir' nie Eerste Minister sal wees gedurende hierdie tydperk nie (Jer.1:8-10). Pakistan se minister van binnelandse sake, Rahman Malik, het bevestig die Taliban sit agter verlede Sondag se motorbom in Karachi wat 50+ mense dood en 140+ beseer het. Baie glo politieke partye het sag op terroriste-organisasies gegaan omdat terroriste hulle help om verkiesings te wen (kandidate dwing om hul kandidatuur te onttrek en sekuriteit aan hul politieke meesters te verskaf.) 'n Kommerwekkende aspek is dat die verbode Sipah-eSahaba (Taliban-geaffilieerde party) 'n peilingsalliansie met PML-N, wie se leier en voormalige premier Nawaz Sharif bekend is na aan die Taliban (hulle het hom in onlangse onderhandelinge as 'n borg genoem).
Bid: die aanloop tot Pakistan se verkiesings sal vreedsaam wees. Bid verlossing vir die onskuldige lewens wat vernietig word en die mislukte ekonomie. (2Kr.32:7)