Die Noord-Koreaanse aanval op 'n Suid-Koreaanse eiland op 23 November word 'een van die ernstigste voorvalle tussen die twee nasies sedert die Koreaanse Oorlog' genoem. Dit was Noord-Korea se derde groot uitlokkende optrede vanjaar. China het gevra vir 'n noodvergadering van die ses lande wat betrokke is by samesprekings oor die Noorde se kernontwapening. Maar Suid-Koreaanse president Lee Myung-bak het gesê hy stel nie daarin belang om die sesparty-gesprekke onmiddellik te hervat nie, volgens die Suid-Koreaanse nuusagentskap Yonhap. Sien: Westerse waarnemers het geleer dat Noord-Korea 'n moderne uraanverrykingsfasiliteit het met minstens 1 000 sentrifuges - wat Pjongjang [die hoofstad van Noord-Korea] moontlik nog 'n roete na kernkrag bied. Waarnemers bespiegel vyandigheid kan 'n poging wees om Noord-Koreaanse oorwinnings te bewerkstellig voor die uitruil van mag van Kim Jong-Il aan sy seun, Kim Jong-Un. Noord-Korea is nommer een op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys 2010.
Bid: dat die Here in hierdie konflik sal ingryp en vrede sal vestig en handhaaf. (Ps.37:37)
Meer: http://www.win1040.com/post.php?id=917