Noord-Korea: Christen probeer selfmoord in die tronk

Aijalon Mahli Gomes, 'n 30-jarige Amerikaner wat tot agt jaar in 'n arbeidskamp gevonnis is omdat hy Noord-Korea onwettig binnegekom het, is na 'n selfmoordpoging in die hospitaal opgeneem. Amptenare beweer hy is gemotiveer om homself om die lewe te bring uit 'sy sterk skuldige gewete' en 'sy frustrasie' met die Amerikaanse regering se poging om hom vry te maak. Gomes, 'n toegewyde Christen, is gevange geneem nadat hy op 25 Januarie vanaf China na die afgesonderde Noord-Korea oorgesteek het en in April tot agt jaar harde arbeid gevonnis en met sowat $700 000 beboet vir 'vyandige dade' teen die land. Noord-Korea het in Junie gedreig om strenger straf (oorlogstydwet) op te lê in weerwraak op Amerika se 'veldtog' van internasionale druk ná die sink van 'n Suid-Koreaanse oorlogskip in Maart. Voordat hy Noord-Korea binnegekom het, was Gomes 'n Engelse onderwyser in Suid-Korea, en het geprotesteer vir die vrylating van 'n ander Christen wat Noord-Korea onwettig binnegekom het om leier Kim Jong-il aan te spoor om berou te hê. Ná meer as ses maande is dit steeds onduidelik wat Gomes se motivering is om Noord-Korea binne te gaan.

Bid: dat die Here Aijalon sal versterk soos net Hy kan en dat baie voorstanders sy spoedige vrylating sal verkry. (Luk.21:19)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/us.christian.attempts.suicide.in.north.korean.jail/26267.htm