Nigerië: Dreigemente om Kersfees in Jos

Die hoofstad van die Plato-staat, Jos, is verlede naweek geteiken deur 'n reeks bomaanvalle, waarin een man gesterf het en 11 mense beseer is, insluitend een vrou. Christian Solidarity Worldwide (CSW) het gesê dreigemente om Kersfeesvieringe in die gebied te ontwrig doen al twee weke die ronde. In kommentaar op die naweek se gebeure, het die Hoof Uitvoerende Beampte van CSW Nigeria gesê: 'Ek glo dat noordelike ouderlinge meer kan bydra om hierdie gereelde aanvalle op onskuldige burgers te beëindig. Dit is nogal kommerwekkend dat die onlangs afgehandelde vredesberaad in die noorde van Nigerië geen verklaring opgelewer het oor die Boko Haram-milisie, wat geweld in verskeie state van Noord-Nigerië ontketen het nie.'

 

Bid: vir sterker sekuriteit in beide Plato en Kaduna State, en vir vreedsame Kersfeesvieringe in Jos. (Ps.23:4,5)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2011/s11120073.htm