Nigerië: Duisende verplaas deur geweld

Gewapende Fulani-stamlede het 4 000 verplaas in 'n reeks aanvalle op dorpe in Bauchi-staat in hoofsaaklik Moslem-noorde. Pastoor Markus Kele van die Church of Christ in Nigerië was een van diegene wat verlede Woensdag in die dorpie Lim vermoor is in die mees onlangse aanval. Kerkbronne het berig dat 463 huise, 11 winkels en 13 kerke aan die brand gesteek is in onlangse aanvalle wat deur 'n groep van 2 000 militante van Niger, Katsina, Kano, Sokoto en ander noordelike Nigeriese state uitgevoer is. Ons moet ook aanhou bid vir Jos waar sektariese geweld voortduur met tweehonderd gedood in 2011. Die verdeling tussen Moslem-noorde en Christelike suide sien dat die Plato-staat en sy hoofstad Jos in die middel sit waar Christene en Moslems opgesluit is in 'n siklus van aanvalle en wraakmoorde. Terwyl sommige aanvalle op Christene gepleeg word deur Fulani-veewagters wat eiendom beslag gelê het, is baie sektaries van aard . Sien:

Bid: dat God diegene wat in vrees leef, sal vertroos en dialoog tussen Christene en Moslems sal fasiliteer wat tot vrede lei. (Ps.5:11,12)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/thousands.displaced.by.violence.in.nigerias.bauchi.state/27701.htm