Nigerië: Veiligheidsmagte in Noord-Nigerië waarsku meer geweld kom

Die grimmige berig is bevestig deur 'n e-pos wat deur die Boko Haram vrygestel is wat hul planne vir die komende weke bevestig. In Kaduna en Zaria waar kerke verlede week gebombardeer is, is 'n aandklokreël steeds van krag. Geopende Deure het die naweek twee gefnuikte bomaanvalle aangemeld. Geopende Deure se president en uitvoerende hoof, dr Carl Moeller, verduidelik: 'Boko Haram het 'n bom in 'n kis versteek en beweer dat dit 'n lyk was. Gelukkig het soldate by 'n kontrolepunt daarop aangedring om te sien wat binne is, en daar was bomme daarin. Die mans is gearresteer.' In die tweede poging is 'n man gearresteer toe hy hom voorgedoen het as iemand wat belangstel om van Jesus Christus te leer. Die pastoor het 'n sak 'n paar meter verder opgemerk, waarvan die moontlike bekeerling ontken het dat hy iets van geweet het. Die polisie het egter ontdek dat die sak met plofstof gevul was, en die voornemende selfmoordbomaanvaller is in hegtenis geneem. Toe, met Sondag, het 'n tronkbreek, 'n brandgeveg en die ontsnapping van 40 gevangenes wat lede van Boko Haram is, gekom.

Bid: dat enige verdere planne deur Boko Haram gedwarsboom sal word. (Jes.8:10)

Meer: http://www.mnnonline.org/article/17376