Die godsdienstige slagtings is gestaak, maar 'geheime' moorde op Christene en Moslems duur voort op 'n kleiner skaal regoor Noord-Nigerië, wat vanjaar meer as 30 lewens geëis het, het die polisie Dinsdag gesê. Nog drie mense is dood en verskeie is beseer tydens 'n intergeloofs-Paasfees-gebedseremonie in Jos. Die Staatspolisiekommissaris het gesê die geheime moorde gebeur wanneer Christene en Moslems in woonbuurte afdwaal wat deur die ander geloof oorheers word. Polisie en veiligheidsmagte versamel een of twee lyke per nag. Die geweld bly vir die publiek verborge aangesien dit nie die gruwels bereik het van vroeër in die jaar toe meer as 200 mense - meestal Christene - in Maart-slagtings gesterf het en meer as 300 mense - meestal Moslems - in Januarie tydens oproer in dieselfde streek.
Bid: vir God se lewegewende gees om die gebrokenes te genees, versoening vir verdeelde groepe te bring en die duisternis wat steeds oor die streek sweef binne te val. (Jes.42:16)
Meer: http://www.google.com/hostednews/ap/article/ALeqM5iNCU46VYMVf0VzhqkKJUus45PrDAD9ETOKLG4