Onluste het Maandag oor die noorde van Nigerië uitgebreek toe president Goodluck Jonathan 'n beslissende oorwinning behaal het in die land se presidensiële peiling, wat waarnemers as die regverdigste in dekades beskryf het. Dodelike oproer het Maandag in Nigerië se grootliks Moslem-noorde uitgebreek toe jeugdiges kerke en huise in woede afgebrand het oor president Goodluck Jonathan se verkiesingsoorwinning. Waarnemers noem die peiling die mooiste in dekades in Afrika se mees bevolkte nasie. Maar ondersteuners van die verslane mnr Buhari beskuldig die regerende party van manipulasie en verwerp die resultate. Die resultate wys hoe gepolariseerd die land is, met Buhari wat die noorde vee en Jonathan die grootliks Christelike suide gewen het. Jonathan het byna 23 miljoen stemme tot net meer as 12 miljoen vir Buhari gehad. Die Nigeriese Rooi Kruis het gesê kerke, moskees en huise is verbrand in oproer regoor die noorde en baie mense is dood, maar dit was vir eers onmoontlik om 'n tol te gee.
Bid: teen hierdie geweld in die noorde en bid dat die volke en godsdienstige groepe maniere sal vind om in vrede saam te leef. (Num.6:26)
Meer: http://www.france24.com/en/20110418-north-riots-over-goodluck-jonathan-election-victory-nigeria