NIGERIA: Vlugtelinge

’n VN-verslag vir vlugtelinge het verklaar dat nie minder nie as 6 000 mense – meestal vroue, kinders en bejaardes, ontheem is ná die militêre aanslag teen Boko Haram en die Al-Kaïda-verwante Ansaru. Hulle het na die naburige Niger-republiek gevlug, bang om vasgevang te word in die regeringsgeleide onderdrukking. Die teenwoordigheid van Nigeriese vlugtelinge in Niger plaas 'n druk op karige plaaslike voedsel- en waterbronne terwyl hulle sukkel ná jare se droogte. Vlugtelinge huur óf huise óf bly by gasgesinne wat self in baie haglike omstandighede woon. 'n UNHCR-personeellid wat verskeie grensdorpies besoek het wat vlugtelinge huisves, het Nigeriese gesinne ontmoet wat in die oopte en sommige onder bome woon. Vlugtelinge het van tyd tot tyd lugaanvalle deur regeringsmagte aangemeld, en vliegtuie wat gereeld oor Borno, Yobe en Adamawa vlieg waar 'n noodtoestand sedert 14 Mei van krag is.

Bid: dat die VN effektief gestruktureerde en gekoördineerde hulp vir gasheergemeenskappe van Nigeriese vlugtelinge sal lewer. (Ps.12:7)

Meer: http://www.punchng.com/news/6000-flee-bharam-crisis-to-niger-un/