Net ure nadat Christenpresident Goodluck Jonathan ingehuldig is, het 'n bom in 'n weermagkaserne in Bauchi Nigerië ontplof, 'n vesting van radikale Moslems bekend as Boko Haram. Die bombardement word beskou as 'n uitdaging vir die gesag van 'n Christelike president uit die suide, deur diegene in die noorde wat 'n Moslem-president wil hê. Moslems voer aan dat 'n Moslem-president verkies moet word volgens die ongeskrewe ooreenkoms dat presidente tussen die land se Christelike suide en Moslem-noorde sal roteer. Moslems het gekla dat die stemme vir die presidensiële verkiesing bedrog is, maar onafhanklike waarnemers het gesê die verkiesingsproses was die regverdigste in dekades.
Bid: dat Nigerië vrede sal ken namate die land in 'n seisoen van nuwe regering begin. (Da.7:14)