Die president van Nigerië het gesê: 'Die Kerk is een van die hoofteikens' van terreuraanvalle deur die radikale Islamitiese groep Boko Haram. "As die idee van Boko Haram is om Nigeriërs te keer om God te aanbid, sal hulle nie daarin slaag nie," het president Goodluck Jonathan Sondag aan gemeentelede by 'n kerk in Nigerië se hoofstad gesê. Gewapende mans wat daarvan verdink word dat hulle aan Boko Harem behoort, het die afgelope week 'n Nigeriese dorpie aangeval. Hulle het mans, vroue en kinders bymekaargemaak en minstens 15 doodgemaak. Die Christelike Vereniging van Nigeries-Amerikaners het die Verenigde State versoek om Boko Haram as 'n buitelandse terreurorganisasie te bestempel, 'n stap wat sy befondsing en ondersteuning kan benadeel. Terwyl die Amerikaanse staatsdepartement egter die versoek oorweeg, het die departement tot dusver nie besluit of die etikettering van die groep so die doeltreffendste manier is om hulle te hanteer nie. Boko Haram word blameer vir die dood van byna 800 mense in 2012 alleen, volgens die Associated Press.
Bid: dat die gebede van God se mense diegene wat ander gode aanbid, sal terughou. (Ps.81:9)
Meer: http://www.openheaven.com/forums/forum_posts.asp?TID=42436&PN=1&TPN=1