Nigerië: Potensiële etniese geweld wat opvlam

Geweld tussen die Berom-Christene en Hausa Fulani-gemeenskappe het in Maart vanjaar opgevlam en gemeenskapsleiers in Nigerië se Plateau-staat doen weer 'n beroep op kalmte in dorpe buite die stad Jos. Minstens ses mense - vroue en kinders - is doodgemaak, beeste geslag en huise het hierdie week in een dorp afgebrand. In Januarie en Maart vanjaar het soortgelyke aanvalle 'n spiraal van oproer en moorde in die streek veroorsaak wat honderde mense dood gelaat het. Leiers in Ranwianku doen 'n beroep op inwoners om nie aan wraak te dink nie. In een voorval is 'n bejaarde vrou, wat nie uit die gewapende bende kon vlug nie, saam met 'n jong ma en vier klein kinders vermoor. Ranwianku is 'n oorwegend Christelike nedersetting. Die aanvallers het die Fulani-taal gepraat.

Bid: dat die twee gemeenskappe sal leer om hul naaste lief te hê en vreedsaam saam te leef. (Mt.6:12-13)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-africa-11657987