Nigerië: Behoeftes na die verkiesing

Dinsdag se goewerneur en deelstate se wetgewerstemme het die 2011-verkiesing op 'n baie vreedsame noot regoor die land beëindig, ná weke van ontstoke betogers wat Christelike ondersteuners van die president aangeval het. Noodlenigingsbeamptes skat dat minstens 65 000 verplaas is as gevolg van verkiesingsspanning. Veiligheidsmagte het noordelike state versterk waar na-verkiesingsgeweld die moord en verminking van onskuldige burgers, die aansteek van sakepersele, private huise en plekke van aanbidding ingesluit het. Owerhede het die Islamitiese sekte Boko Haram die skuld gegee vir die uitdaging van Nigerië se Christelike regering. Nigerië het 'n Moslem-Noorde en Christelike Suide met vyandigheid tussen hulle wat vererger word deur inheemse/setlaarwette, diskriminerende indiensnemingspraktyke en hulpbronmededinging.

Bid: dat die afsluitende verkiesingsuitslae regoor die land aanvaar sal word en dat Boko Haram gesag en status in gemeenskappe sal verloor. (Num.6:26)

Meer: ttp://www.christiantoday.com/article/more.than.500.dead.in.nigeria.election.violence/27891.htm