Vermeende Islamiete is blameer vir die dood van minstens 23 mense in afsonderlike aanvalle in die noordooste van Nigerië. Ooggetuies sê gewapende mans het glo Maandag jagters wat bosvleis verkoop in Damboa geteiken en 18 mense doodgemaak. Streng Moslems word verbied om hierdie soort bosvleis te eet. Nog vyf mense is Dinsdag dood toe 'n groep mans wat draft speel, in Kano aangeval is. Die militante groep Boko Haram, wat veg om ’n Islamitiese staat te skep, het talle aanvalle in Nigerië uitgevoer. Boko Haram is sedert 2010 geblameer vir die dood van sowat 1 400 mense in sentraal- en noordelike Nigerië. Verlede jaar alleen is die groep met meer as 600 sterftes verbind. Intussen het berigte na vore gekom van 'n dodelike aanval in Kano, die hoofstad in die noorde van Nigerië. Gewapende mans wat op motorfietse gery het, het losgebrand op mense wat 'n buitelugbordspeletjie gespeel het, sê die polisie en getuies. Dobbelary is ook streng verbode onder Islamitiese wetgewing.
Bid: teen die bose invloed wat fanatici soos Boko Haram in die gemeenskappe het. (Ps.37:9)