Die polisie in Nigerië het Dinsdag nog tien motorbomme ontdek in Kano, 'n gebied wat Vrydag reeds van veelvuldige bomme gebuk gegaan het. Woordvoerder van Voice of the Martyrs USA, Todd Nettleton, sê die vlak van gesofistikeerdheid is wat hul kommer wek. 'Dit was 'n baie ernstige aanval. Dit wys ook die groeiende vermoë van Boko Haram om aanvalle te koördineer en om die liggaamtelling te maksimeer.' Boko Haram, 'n radikale Islamitiese sekte, het aanspraak gemaak op die bomontploffings wat 256 mense doodgemaak het. Die aanvalle
het gekom kort ná Moslem-gebede in daardie beleërde nasie se tweede grootste stad. Hierdie keer in plaas van kerke, was dit polisiehoofkwartiere en ander polisiestasies, 'n geheime polisiegebou en immigrasiekantore wat geteiken is. Volgens 'n video wat deur die groep se leier vrygestel is, was die aanvalle 'n reaksie op 'n weiering deur die owerhede om die sekte se lede uit aanhouding vry te laat. Dit kan daarop neerkom dat 'n burgeroorlog begin en die regering terselfdertyd destabiliseer.
Bid: teen hierdie voortdurende konflikte dat 'n oplossing gevind sal word wat voortdurende eenheid en vrede sal bring. (Joh.17:23)