Mexiko is 'n warm plek vir mensehandel. 85% van die slagoffers is meisies wat uitgebuit word vir onbetaalde arbeid of prostitusie waar hulle 160-180 pesos (£8-10) per seksuele ontmoeting met 20-40 mans per dag verdien. Die meisies word ontvoer, of verkoop deur ouers as gedwonge vrouens of bediendes, of weggelok van die huis deur valse beloftes van werk, of verlei deur pimps wat hulle as kêrels en toekomstige mans voordoen. Kindersekstoerisme groei ook in Mexiko, veral in toeristegebiede. Mensehandel word gekoppel aan Mexiko se berugte dwelmkartelle wat die regering beveg, hoewel mensehandel baie minder nuus maak as die 'oorlog teen dwelms'. Mensehandel is een van die mees winsgewende middele van onwettige inkomste regoor die wêreld. Mexiko het ook ernstige korrupsieprobleme waarby polisie, regters en politici betrokke is. Kampvegters sê die land het onvoldoende wette om mensehandel aan te pak.
Bid: dat die Kongres kragtige mensehandelwetgewing sal aanneem en dat die invloedryke mense wat hierdie wetgewing beveg, stilgemaak word. (Eks.23:1)