Mexiko: Menseregte-waarnemers vermoor

Die Triqui-streek van Mexiko word hoofsaaklik deur inheemse mense bevolk en is een van die armste en mees onrustige in die land. Vir meer as 30 jaar het dit inter-gemeenskap konflikte gely waarin talle mense vermoor is. Staats- en federale owerhede het selde stappe gedoen om diegene wat verantwoordelik is tot verantwoording te roep. Menseregte-organisasies het 'n beroep op die Mexikaanse federale owerhede gedoen om 'n hinderlaag op 'n karavaan van dertig Menseregte-waarnemers, wat op Dinsdag 27 April 2010 twee amptenare dood en verskeie beseer gelaat het, deeglik te ondersoek. Jyri Antero Jaakola, 'n Finse waarnemer en inheemse menseregte-verdediger Alberta Cariño is in die aanval dood en 'n joernalis en 'n aktivis is gewond. Die groep was op pad om langdurige menseregtevergrype te dokumenteer en om humanitêre hulp te verleen.

Bid: dat NRO's en diegene wat gemagtig is om wet, orde en hulp in Mexiko te vestig, suksesvol sal wees teen korrupsie en konflik. (Ps.68:1)

Meer: http://www.ekklesia.co.uk/node/12066