Libië: Amerikaanse ambassadeur vermoor in aanval op konsulaat

Die Amerikaanse ambassadeur in Libië is dood ná 'n aanval deur burgermaglede op die Amerikaanse konsulaat in die oostelike stad Benghazi, lui berigte. Ambassadeur Christopher Stevens is glo een van vier Amerikaanse amptenare wat vermoor is in 'n betoging oor 'n Amerikaans vervaardigde rolprent wat na bewering die profeet Mohammed beledig. Betogers het ook die Amerikaanse ambassade in Kaïro aangeval oor die film. In die aanval in Benghazi het ongeïdentifiseerde gewapende mans die terrein bestorm, op geboue geskiet en handgemaakte bomme in die kompleks gegooi. Veiligheidsmagte het teruggeskiet, maar Libiese amptenare sê hulle is oorweldig. 'n Libiese amptenaar het gesê ambassadeur Stevens is dood weens rookverstikking as gevolg van die aanval.

Bid: dat vrede oor Benghazi en Kaïro sal toesak en dat hierdie situasie nie in meer konflik sal uitloop nie - sien hieronder. (Spr.10:12)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-africa-19570254