Libië: Vlugtelinge het hulp nodig

Tripoli-biskop Giovanni Martinelli het hulp nodig vir vlugtelinge wat in sy kerk skuil. 'Ons is bekommerd oor honderde Eritreërs wat hier gestrand is - niemand gee om vir hul ontruiming nie. Italië probeer om vier en vyftig te neem, so 'n klein getal. Konflik hou mense weg van kerkdienste, maar die gebou is gevul met Eritreërs wat die land wil verlaat. Martinelli het verlede week kontak gemaak met die Rooi Halfmaan en ander Moslem-organisasies wat 'n beroep gedoen het vir die beskerming van die kerke, kloosters en susters wat in die hospitale werk. Duisende vlugtelinge aan Libië se grense het tente kos water en noodvoorrade nodig om 'n humanitêre ramp te vermy. Frankryk het swaarhefvliegtuie en 'n skip gestuur om 'n land- en seebrug te skep om 5 000 Egiptiese vlugtelinge van die Tunisiese grens af huis toe te vervoer en soek ook maniere om tente en noodvoorrade te stuur aan kwesbare mense wat nog nie Libië verlaat het nie.

Bid: dat die 80 000 Christene in Libië God se hande, voete en stem in elke situasie sal wees, en toegerus sal wees deur God se gees in alles wat hulle doen. (Hab.1:5)

Meer http://www.eni.ch/featured/article.php?id=4744