Stamleiers en 'n politieke faksie het outonomie vir 'n oostelike streek van Libië verklaar, maar Abdel Jalil het gesê: 'Ons is nie bereid om Libië te verdeel nie,' en het 'n beroep op leiers in die oostelike Cirenaika-streek gedoen om in dialoog betrokke te raak en gesê infiltreerders en oorblyfsels van Gaddafi se regime wou hulle uitbuit. Hy het gesê hy is gereed om opposisie met geweld af te skrik. 'Die nasionale handves bevat bepalings wat hierdie nasie beskerm en dit is soos 'n grondwet vir Libië se toekoms.' Sommige stam- en politieke leiers in die olieryke ooste probeer om 'n semi-outonome gebied uit te kerf en het gevra vir 'n federale stelsel van regering. Van 1951 tot 1963 is die land in drie state verdeel - Cirenica, Tripolitanië en Fezzan. Voorstanders van 'n terugkeer na federalisme glo dit verhoed dat die ooste gemarginaliseer word soos die geval was vir dekades, terwyl teenstanders vrees dat die inisiatief die land sal verdeel en in die pad van versoening sal staan.
Bid: dat God die leiers sal help om Libië se belange getrou te verteenwoordig in hierdie sensitiewe tydperk. (Ps.33:10,11)