Mustafa Abdul Jalil, voorsitter van die Nasionale Oorgangsraad, het Libië Sondag in 'n seremonie in Benghazi, drie dae ná die dood van die voormalige diktator Moammar Gadhafi, tot 'n bevryde nasie verklaar en gesê 'Islamitiese Sharia-wetgewing sal die basis wees vir die land se nuwe regering. ' Hy het Libiërs geroep om geduld en verdraagsaamheid aan die dag te lê terwyl die oorgangsregering die land na agt maande van burgeroorlog begin herbou, en belowe dat alle wetgewing op Sharia-wetgewing gegrond sal wees, en enige wette wat Sharia weerspreek sal nietig verklaar word. Die land se bankstelsel sal ook volgens Islamitiese beginsels bestuur word. Jalil het ook anti-regeringsbetogers in Sirië en Jemen aangemoedig om voort te gaan totdat hulle 'hulle hoop bereik'.
Bid: 'n nuwe demokrasie wat gebore sal word wat alle godsdienste in Libië sal erken en regverdig behandel. (Ps.119:45)
Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2011/October/Libyas-Transitional-Leader-Declares-Liberation-/