Libanon: Die pous vra vir 'vrede en versoening'

Pous Benedictus doen 'n beroep op Christene in die Midde-Ooste om vredemakers te wees by 'n opelugmis in Beiroet wat deur honderdduisende mense bygewoon word. Hy het Christene in die Midde-Ooste aangemoedig om te werk vir vrede om 'die grimmige spoor van dood en vernietiging' in die wêreld teë te werk, in 'n preek wat in Libanon gelewer is terwyl burgeroorlog in die naburige Sirië gewoed het. Die opelugmis is op Beiroet se Mediterreense seefront gehou en is bygewoon deur 350 000 aanbidders en leiers van Libanon se Christen- en Moslem-gemeenskappe. Vrede tussen strydende faksies en tussen die talle godsdiensgroepe in die Midde-Ooste was 'n sentrale tema van die Pous se besoek aan Libanon, saam met sy oproep aan Christene om nie die streek te verlaat nie ten spyte van oorlog en toenemende druk van radikale Islamiete.

Bid: vir die wisselvallige situasie in die Midde-Ooste en vir die Christene wat daar woon en werk. (Ps.85:8)

Meer: http://www.telegraph.co.uk/news/religion/the-pope/9546432/The-Pope-calls-for-peace-and-reconciliation-as-he-visits-Lebanon.html