Libanon: Siriese Christene vlug na Libanon

1 000 Siriërs vlug nou daagliks uit die land na Libanon. Pouslike Sendingverenigings in Libanon het die Kerk se reaksie uitgespreek: 'Ons het Christelike gesinne wat uit Sirië gevlug het van geweld of die onderdrukking van die regime. Daar is gesinne wat familie in Libanon het wat hierheen gevlug het en hul lewens wil verander op soek na werk. Die Kerk se reaksie in Libanon was gasvryheid en sorg vir hierdie mense. Ons huisves hulle in gemeentes, verskaf kos en klere, help hulle op 'n ekonomiese vlak en plaas hulle in die sosiale struktuur. As 'n Kerk herhaal ons dat ons teen geweld is, ons wil vrede bevorder en dialoog aanmoedig. Wat die Christene betref, is die gevaar wat opdoem 'n scenario soos Irak, waar Christene gedwing word om landuit te vlug. Die risiko is dat 'n diktatoriale regime vervang word met 'n Islamitiese tipe wat die Sharia afdwing.'

Bid: God se voorsiening vir diegene in desperate vrees, en laat alles agter terwyl hulle soek na nuwe begin. (Jos.1:9)

Meer: http://www.catholicculture.org/news/headlines/index.cfm?storyid=13580