Laos: Militêr vermoor vier Christenvroue

Kommerwekkende misbruik van godsdiensvryheid vind plaas in Laos. Gelowiges word gereeld geskors, gedwing om te hervestig, gedruk om hul geloof te verloën en gearresteer. Verskeie Christene is onlangs in die Xiengkhouang-provinsie aangeval en vermoor. Verlede maand het troepe 'n groep Christene wat aan die Hmong-gemeenskap, 'n etniese minderheid behoort, gevang en beslag gelê op hul Bybels, hulle het vier van die vroue doodgeskiet nadat hulle twee van hulle herhaaldelik verkrag het. Hul mans en kinders is geslaan, vasgebind en gedwing om die gru-moorde te aanskou. Op die laaste berig is die verblyfplek van die oorlewende gelowiges onbekend. Die afwesigheid van vrye pers en gebrek aan inligting-infrastruktuur in hierdie Kommunistiese staat verhoed dat nuus die buitewêreld bereik – insluitend dié van godsdiensvryheid. Hierdie voorval en ander onlangse verslae dui op 'n ontstellende toename van onderdrukking wat Christene in die land in die gesig staar.

Bid: beskerming vir Protestantse Christene en die Hmong Christene veral wat as 'n bedreiging vir Comunisim is. (Heb.10:35,36)

Meer: http://www.persecution.net/pnp.htm#1105051