Laos: Gevange Christene

Laos is 'n kommunistiese staat en een van Oos-Asië se armste lande. Op 4 Januarie het die polisie Wanna en Yohan, pastore van twee ongeregistreerde kerke, en nege ander Christene gearresteer. Die polisie het die nege aangehoudenes vrygelaat nadat hulle boetes betaal het, maar Wanna en Yohan is steeds in die tronk. Hulle was die vernaamste broodwinners vir hul gesinne, en hul vrouens en gesinne het geen manier van finansiële ondersteuning nie. Verskeie van Wanna se kinders het intussen die skool verlaat om werk te kry. Pastoor Wanna se familie sê 'hy het gewig verloor, is uiters swak en het 'n infeksie opgedoen onder die moeilike tronktoestande.' Tronkowerhede het herhaaldelik vir hulle gesê hulle sal 'vry loop' wanneer hulle dokumente onderteken wat hul geloof verloën. Alhoewel daar onlangs minder vervolging van Christene is, skend provinsiale owerhede steeds vryheid van godsdiens of geloof – veral Protestante van etniese minderhede. Die regtevergrype sluit in 'aanhoudings, toesig, teistering, konfiskering van eiendom, gedwonge verskuiwings en gedwonge geloofsverloëning'.

Bid: vir onmiddellike vrylating van die twee pastore. (Ps.45:4)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/laos/article_114762.html