Kenia: Granaataanval op Kerk

Sondag het 'n granaatontploffing die 27-jarige universiteitstudent Kelvin Walumba by God's House of Miracles International Church in Nairobi doodgemaak. Sestien mense is ook beseer. Islamitiese ekstremiste van al-Sjabaab-rebelle in Somalië het 'n reeks aanvalle in Kenia begin nadat die Keniaanse weermag Somaliese grondgebied verlede herfs binnegeval het in 'n poging om al-Sjabaab-geweld by toeristebestemmings te stuit. Bespiegelings dat die aanval uit ’n grondgeskil spruit, was onwaar, aangesien die dispuut met die kerk verlede jaar in die hof opgelos is. Vier kerklede is in ’n kritieke toestand: Leonida Mbogo, Julia Mumbi, Ezekiel Muthini en Shalom Koronge. Mbogo het ernstige beserings aan haar been, wat gebreek is, opgedoen. Die ontploffing kom 'n week nadat die Amerikaanse ambassade in Kenia 'n moontlike terreuraanvalwaarskuwing uitgereik het. Dit kom ook minder as 'n maand nadat 'n soortgelyke ontploffing in Mtwapa plaasgevind het, wat een lewe geëis het en 30+ beseer het.

Bid: teen anti-Christelike geweld, en mag Keniaanse troepe en regering die stryd teen Al-Shabab wen. (Ps.12:7)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/kenya/article_1522556.html