Kenia: Geloofsleiers dring aan op kalmte nadat die hof politici aangekla het

Geloofsleiers in Kenia het vir kalmte gevra nadat die Internasionale Strafhof in Den Haag daartoe verbind het om hooggeplaaste politici te verhoor vir misdade teen die mensdom in verband met geweld ná verkiesings in 2007. Minister van finansies, Uhuru Kenyatta, mede-presidentskandidaat William Ruto, kabinetsekretaris Francis Muthaura en radiojoernalis Joshua Sang sal verhoor word vir 'n georkestreerde veldtog om burgerlikes te verplaas, te martel en dood te maak. Meer as 1 200 mense is dood en sowat 650 000 is dakloos gelaat in botsings in die Skeurvallei, Nyanza, Nairobi en Sentraal-provinsies. "Ons doen 'n beroep op nugterheid en selfbeheersing terwyl Keniane betrokke raak by bespreking en interpretasie van die besluit en die gevolge daarvan," het ds Peter Karanja, die hoofsekretaris van die Nasionale Raad van Kerke van Kenia, in 'n verklaring op 23 Januarie gesê. Die raad het in 2009 die hof versoek om die geweld te ondersoek, na die regering se versuim om 'n plaaslike regstelsel daar te stel om die oorsake te hanteer.

Bid: vir selfbeheersing terwyl hierdie politici in gesprek tree. Bid vir vrede en geregtigheid. (Job.34:17a )

Meer: http://www.eni.ch/featured/article.php?id=5418