Kerkleiers in Kenia hou die regering verantwoordelik vir twee ontploffings by 'n grondwet-gebedsaamtrek in Nairobi waar sewe mense op 13 Junie gesterf en byna 100 beseer is. Die kerkleiers het hulle beywer vir 'n 'nee'-stem teen 'n voorgestelde konsepgrondwet en het die aanval as 'n belediging van die Christelike geloof veroordeel. Hulle het hul meegevoel gestuur aan die families van die wat gesterf het. 'Nadat ons oor en oor ingelig is dat die aanneming van die nuwe grondwet 'n regeringsprojek is, het ons geen twyfel dat die regering, hetsy direk of indirek, 'n hand in hierdie aanval gehad het nie. Wie anders in hierdie land hou plofstof?' het ds Peter Karanja, hoofsekretaris van die Nasionale Raad van Kerke van Kenia, gesê. 'Ons hou dus die regering en die 'Ja'-span verantwoordelik vir die aanval en die bloed wat vergiet is.' het Karanja gesê.
Bid: teen die vyand wat poog om te destabiliseer en dat die Christene vasstaan en nie geïntimideer word nie. (Spr.18:17)