Israel: 'n Bediening van versoening

Die verdeling tussen Arabiese en Joodse burgers word weerspieël in instellings, kultuur en nasionale identiteite. Palestynse-Israeliërs verwerp Sionisme as kolonialisties en rassisties. Die Jode sien hulself as die ware eienaars van die Land van Israel. Albei kante verwerp die mees gekoesterde waardes van die ander. Sommige werk egter aan naasbestaan en versoening deur 'Musalah', 'n bediening met 'n visie om versoening tussen Israeli's en Palestyne eers onder Christen-gelowiges en dan met dié van intergeloofsgemeenskappe te sien. Klik asseblief die meer-knoppie hieronder om te ontdek hoe hulle Arabies-Joodse naasbestaan verbeter deur Somerkampe vir die Israeliese en Palestynse jeug. Bid asseblief vir Hebronkamp wat op 2 Julie begin het met 120+ kinders wat geregistreer is en die 18-23 Julie kamp in Petah Tikvah, Israel, wat Israeliese en Palestynse kinders die geleentheid gee om vriendskappe op 'n jong ouderdom te bou en diegene van die ander kant as hulle broers en susters in die Messias.

Bid: vir die opvolg vir die jeug wat hierdie en soortgelyke kampe van versoening onder die jeug bygewoon het, dat hulle sal aanhou bid en na mekaar luister. (Ps.138:7-8)

Meer: http://www.musalaha.org/