Israel/Palestina: Palestynse bod vir VN-erkenning

Palestynse president Mahmoud Abbas het 'n diplomatieke veldtog geloods om volle lidmaatskap van die Verenigde Nasies te verkry, (Sien Gebedswaarskuwing 37-2011) Hierdie Vrydag beoog hy om Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die VN amptelik in kennis te stel van sy voornemens. Washington het gedreig om enige sodanige stap te veto. Beide die Verenigde State en Israel het gesê dat Abbas se stap die hoop op die hervatting van vredesonderhandelinge kan vernietig. Hul waarskuwings het gekom te midde van berigte dat Brittanje en ander lande onder toenemende Amerikaanse druk kom om 'n Palestynse bod vir staatskaping teen te staan. Abbas het Dinsdag vergaderings met Franse en Libanese presidente gehad om steun te soek voor Vrydag se toespraak aan die Algemene Vergadering. Senior diplomate van die Verenigde State, Rusland, die Europese Unie en die Verenigde Nasies - die Kwartet van Midde-Ooste-bemiddelaars - het ook deur die week vergader om 'n pad vorentoe te soek. Israel en Amerika doen 'n beroep op die Palestynse Owerheid om direkte onderhandelinge te open om die Palestyns-Israeliese konflik op te los.

Bid: dat God nie sal toelaat dat president Abbas se optrede gewelddadige reperkussies in die gebied veroorsaak nie. (Jes.46:4)

Meer: http://www.islamonline.net/en/Page/Home