Irak: Christene onder skoot

Christene in Irak staar moontlike martelaarskap as 'n ewige realiteit in die gesig. Die veldtog van geweld teen Christene is een van die mees ondergerapporteerde verhale van Irak sedert die 2003-inval en kan die land se karakter fundamenteel verander. Teen die tyd dat die stof uiteindelik op die chaotiese huidige hoofstuk van Irak se geskiedenis gaan lê het, het die Christelike gemeenskap moontlik na 2 000 jaar heeltemal verdwyn as 'n beduidende teenwoordigheid. Sowat 200 000 Irakse Christene het reeds uit die land gevlug. Hulle het eens drie persent van sy bevolking uitgemaak, maar maak nou die helfte van sy vlugtelinge uit. Erbil in Noord-Irak het 'n veilige hawe geword vir Christen-vlugtelinge wat te arm is om te verlaat of nie hul land wil verlaat nie. Dit is die setel van die Koerdiese Streeksregering wat die Christene goed behandel en daar is 'n gevestigde Christelike gemeenskap om hulle te verwelkom. Vlugtelinge trek ook na die tradisioneel Christelike voorstad Ainkawa. (Sien ook Gebedswaarskuwing 0110 & 0610)

Bid: vir meer van God se beskerming en voorsiening vir ons broers en susters in Christus wat in Irak woon en werk. (Ps.5:11)

Meer: http://www.telegraph.co.uk/news/newstopics/religion/7550048/Iraqi-Christians-under-fire.html