Busse wat hoofsaaklik Christelike universiteitstudente van Hamdaniya na Mosoel vervoer het, was vroeër die week die teiken van twee bomontploffings. Die burgemeester van Hamdaniya het gesê: 'Al die passasiers was Christenstudente. Hulle gaan in sulke busse na Mosoel se Universiteit na die moeilike tye toe Christene in die verlede geteiken is.' ’n Dokter by die hospitaal het gesê minstens 17 is kritiek beseer. Sowat 750 000 van Irak se 30 miljoen bevolking is Christene. Die VSA-gebaseerde Nasionale Raad van Kerke het 'n brief aan Hillary Clinton gestuur waarin sy gevra word om Irakse amptenare aan te moedig om meer te doen om Irak se Christelike gemeenskap te beskerm. 'Ons bekommernis is nou veral akuut, want dit is moontlik dat spanning sal toeneem namate verskeie politieke magte voortgaan om na die onlangse verkiesing om mag te veg. Ons vrees dat 'n groeiende klimaat van, wantroue en vyandigheid die brose Christelike gemeenskap verder sal bedreig', lui die brief. Aanvalle bly algemeen, veral in Bagdad en Mosoel.
Bid: dat God se mense voortdurend 'n ontsagwekkende gevoel van Sy teenwoordigheid in elke omstandighede sal ervaar. (Ps.18:16-17)
Meer:http://english.aljazeera.net/news/middleeast/2010/05/201052113858638936.html