Iranse Christenbekeerling is tot twee jaar tronkstraf gevonnis

’n Christenbekeerling wat veiligheidsowerhede in haar huis in hegtenis geneem het, is deur die Revolusionêre Hof in Teheran tot twee jaar tronkstraf gevonnis, berig die Iranse Christelike nuusagentskap, Mohabat News. Volgens berigte gestuur deur verslaggewers van die Iranse Christelike nuusagentskap, Mohabat News, is me. Leila Mohammadi, 'n Christen-bekeerling wat oos van Teheran gewoon het, tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis nadat sy 5 maande van onsekerheid in die berugte Evin-gevangenis verduur het. Haar verhoor is op 18 Januarie in die Revolusionêre Hof in Moalemstraat gehou, waar sy aangekla is van "samewerking met buitelandse-afhanklike groepe, breë anti-Islamitiese propaganda, die misleiding van burgers deur die stigting van wat 'n huiskerk genoem word, die belediging van heilige figure en optrede teen nasionale veiligheid." Sy is egter vrygespreek van samewerking met buitelandse-afhanklike groepe omdat die regter geglo het dat sy dit onopsetlik gedoen het. Vir die ander aanklagte is sy tot twee jaar tronkstraf gevonnis en die uitspraak is aan haar gelewer.

Bid: dat God Leila moed en krag sal gee en oor haar sal waak tydens haar gevangenskap. (Det.31:6)

Meer:http://www.christiantelegraph.com/issue15292.html