Iran: Youcef Nadarkhani se tronkstraf geïgnoreer

Verlede week het 'n Joodse voorspraakgroep, die American Jewish Committee (AJC), Iran se Non-Alignment Movement-beraad aangemoedig om die lot van die Iranse pastoor Youcef Nadarkhani aan te spreek, wat vir meer as 1 000 dae in die tronk was weens sy Christelike geloof. Die beraad het gedien as 'n platform vir Iran om internasionale steun te verkry tydens strawwe sanksies wat deur baie Westerse lande teen hom gehef is en sy verhoudings met Noord-Korea, Afghanistan, Venezuela en Soedan te versterk. AJC het die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, gesmeek om 'nadruklik uit te spreek ter ondersteuning van pastoor Nadarkhani se vryheid' met die argument dat Iran sy eie grondwet oortree, sowel as die Universele Verklaring van Menseregte en Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte, deur Nadarkhani vir meer as 1 000 dae aan te hou op aanklag van afvalligheid en pogings om Moslems te evangeliseer.

Bid: teen Iran se teistering van Christene, godsdienstige minderhede, menseregte-voorstanders en vir die vrylating van alle gewete-gevangenes. (Jes.61:1b)

Meer: http://www.christianpost.com/news/youcef-nadarkhanis-imprisonment-ignored-at-irans-nam-summit-80740/