Iran: Britse ambassade bestorm – diplomate ontruim

Iranse studente het die VK-ambassade in Teheran bestorm en gesing 'Af met Brittanje, af met Amerika, af met Israel' en 'Studente is wakker en haat Brittanje', wat amptelike woede weerspieël oor Brittanje se besluit om alle betrekkinge met Iran se finansiële sektor te sny as deel van nuwe sanksies in samewerking met die VSA en Kanada. Betogers het die ambassade met petrol gebombardeer, die vlag laat val en geklassifiseerde dokumente vernietig. William Hague, minister van buitelandse sake, het gesê dat 'alle personeel en diplomate van die ambassade verantwoord is' en bygevoeg 'Iran staar 'ernstige gevolge' in die gesig, en noem die bestorming 'n ernstige skending van die Weense Konvensie oor diplomate se regte. Woensdag het 'n ontstoke Britse kantoor vir buitelandse en Statebond sy reisadvies vir Britse burgers in Iran opgedateer en Britse burgers aangeraai om 'binne te bly, 'n lae profiel te hou en vir verdere advies te wag.' Brittanje is ook besig om sy diplomatieke personeel uit Teheran te ontruim.

Bid: dat God Christenwerkers in Iran sal wegsteek en beskerm, ook dat Hy sal ingryp waar visums en werk/studiepermitte nodig is sodat Sy werk kan groei. (Mark.10:28-30)

Meer: http://rt.com/news/iranian-students-occupy-uk-embassy-481/